Volgens SASSA werk hulle onverpoosd om die agterstand met uitbetalings voor die einde van die maand op te klaar

Volgens  SASSA, die agentskap vir maatskaplike sekerheid, werk hulle  onverpoosd om die agterstand met uitbetalings voor die einde van die maand op te klaar. Die DA het vroeër ‘n beroep op die minister, Lindiwe Zulu, gedoen om ‘n tydelike plan in werking te stel om miljoene begunstigdes van die Covid-19-verligtingstoelae van 350 rand per maand by te staan. Die party sê ses miljoen geregistreerde begunstigdes het nie verlede maand hul toelaes ontvang nie. ‘n Woordvoerder van SASSA, Paseka Letsatsi, sê die agterstand het ontstaan weens werkdruk in die lig van die afsluiting van die finansiële jaar. Letsatsi sê SASSA is jammer vir die ongerief wat begunstigdes weens die situasie ondervind het.

 

Luister na potgooie hieronder