‘n Vier miljard rand-belegging van die Volkswagen Africa Group sal die vervaardiging van ‘n nuwe voertuigreeks by sy vervaardigingsaanleg in Kariega in die Oos-Kaap moontlik maak.
Hoof van die Nelson Mandelabaai-sakekamer, Denise van Huyssteen, sê dit is ‘n welkome inspuiting vir ekonomiese groei in die streek. Volkswagen is die grootste private werkgewer in die Nelson Mandela-metro, en skep ook deurlopend indirekte indiensneming regdeur die plaaslike motorverskaffingsketting.
Van Huyssteen sê Nelson Mandelabaai is gerat vir grootskaalse motorvervaardiging en uitvoer