Verrigtinge in die ontvoeringsaak van Joshlin Smith is in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot einde Mei uitgestel vir oorplasing na Saldanhabaai.

SABC News berig die vermiste meisie se ma, Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is skuldig bevind op aanklagte wat met die toe sesjarige dogtertjie se verdwying verband hou.

Die drie het vanoggend vlugtig in die hof verskyn. Intussen sê die nie-winsgewende organisasie, Missing Children South Africa, daar is steeds hoop dat besonderhede oor waar Joshlin is bekend gemaak sal word.

error: Inhoud is beskerm !!