Voor die huidige Amerikaanse president, Donald Trump, die Withuis aan Joe Biden oorgee, sal die Amerikaanse soldate in Afghanistan aansienlik verminder word

Voor die huidige Amerikaanse president, Donald Trump, die Withuis aan Joe Biden oorgee, sal die Amerikaanse soldate in Afghanistan van 4 500 tot
2 500 verminder word.
Die Pentagon het in ‘n verklaring gesê die soldate in Irak sal ook verminder word.
Vroeër het Trump gesê al die Amerikaanse soldate sal voor Kersfees aan Afghanistan onttrek word.
Ontleders waarsku dat die onttrekking die brose veiligheidsituasie in Afghanistan sal ondermyn, en ‘n terugslag is vir die vredesamesprekings tussen die Afghaanse regering en die Taliban.

Luister na potgooie hieronder