Die finale wysigings aan Suid-Afrika se regulasies oor werkvisums sal na verwagting volgende week reeds in die Staatskoerant gepubliseer word.

Hierdie wysigings het ten doel om die prosesse te versnel, en ook om voorsiening vir afstandwerker-visums te maak. Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê Operasie Vulindledla, wat die projek bestuur het, het agt aanbevelings gemaak, wat die lok van vaardiges na SA insluit.

Die bespoediging van ekonomiese groei, asook die doeltreffendheid van die uitreik van visums en permitte, moet ook hierdeur verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×