Die voormalige ANC-woordvoerder, Pule Mabe, en ses ander is borgtog van R30 000 elk toegestaan.
Mabe en sy medebeskuldigdes het Woensdag in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Gauteng verskyn, en staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery en korrupsie.
Dié hoëprofielsaak word verbind met beweerde onreëlmatighede in ’n 2016-tender wat deur die Gautengse Departement van Landbou en Landelike ontwikkeling toegeken is.
Die staat het nie borgtog teengestaan nie.