Die korrupsiesaak teen die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, is tot 10 September uitgestel.
Kodwa en sy medebeskuldigde het Woensdag vlugtig in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Gauteng verskyn.
Die uitstel is om die beskuldigdes toe te laat om hul vertoë te eskaleer om die aanklagte teen hulle te laat vaar. Die voormalige minister het na bewering tussen 2015 en 2016 omkoopgeld van een-komma-sewe-miljoen rand ontvang in ruil vir kontrakte. Hulle is beide borgtog van R30-duisend toegestaan.