Voormalige Protea krieketspeler kan Namibië vanjaar by die T-20 Wêreldbeker-toernooi verteenwoordig

Die 36-jarige David Wiese, voormalige Protea krieketspeler wat laas in 2016 vir Suid-Afrika gespeel het, kan Namibië vanjaar by die T-20 Wêreldbeker-toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate verteenwoordig.

Albie Morkel, hulpafrigter van Namibië, het bevestig dat Wiese verkiesbaar is vir diè land aangesien sy pa daar gebore is.

Die Namibiërs, wat hul debuut by die Wêredlbeker maak, is tussen 3 en 10 September in Bloemfontein vir ‘n oefenkamp waar hulle in vier T-20 wedstryde teen die Knights sal speel.

Namibië se eerste ronde ter kwalifisering van die Super-12 fase is teen Sri-Lanka wat op die 18de Oktober plaasvind.

Luister na potgooie hieronder