Veertien voormalige redakteurs van Volksblad, Die Burger, Beeld, en Rapport spreek in ‘n brief hul sterk teenkanting uit oor Media24 se ingryende planne met koerante.
Volksblad se redakteur vanaf 1980 to 1992, Hennie van Deventer, het die volle brief op sy persoonlike webblad geplaas.
In die brief vra hulle vir Media24 om sy besluite dringend te heroorweeg en geleentheid te bied vir wyer oorlegpleging en besinning. Die redakteurs spreek die wens uit dat al die betrokke koerante as aparte entiteite in PDF-formaat op Netwerk24 moet bly voortbestaan. Hulle vra dat redaksies met voldoende hulpbronne bemagtig word om, soos in die verlede, diens aan die Afrikaanse leefwêreld in sy verskeidenheid te lewer.
Die oud- redakteurs verteenwoordig die volle spektrum van amper vyf dekades van 1977 tot nou. Van Deventer skryf almal nog in lewe en bereikbaar het hul gewig agter die brief ingegooi.