Die omstrede voormalige voorsitter van die SAL en stigterslid van die Jacob G Zuma-stigting, Dudu Myeni, is op aanklagte van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem. Netwerk 24 het pas bekendgemaak dat Myeni en Trevor Mathenjwa, voormalige direkteur van die dienstemaatskappy Bosasa, vandag in die landdroshof in Richardsbaai verskyn het. Dit is deur die Ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka bevestig. Hulle is op borgtog van R10-duisend elk vrygelaat. Die Zondo-kommissie na staatskaping het destyds bevind dat Myeni moontlik die grondwet en ander wette oortree het deur Bosasa te help om tenders te bekom.
