Voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers was een van vyf kandidate wat Woensdag verskyn het vir ‘n onderhoud vir die nuwe EP Elephants hoofafrigterrol

 Voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers was een van vyf kandidate wat Woensdag verskyn het vir ‘n onderhoud vir die nuwe EP Elephants hoofafrigterrol

Voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers was een van vyf kandidate wat Woensdag verskyn het vir ‘n onderhoud vir die nuwe EP Elephants
hoofafrigterrol.
Volgens die EP Herald het De Villiers senuweeagtig gelyk toe hy vir sy onderhoud by Imatu House in Sydenham opdaag het.
Die onderhoudsproses het begin met die voormalige Springbok-hulpafrigter, Ricardo Loubscher, gevolg deur De Villiers, daarna Deon Kayser, Jonathan Mokuena en Kevin Musikanth.
Die onderhoudspaneel het bestaan uit Maasdorp Cannon (voorsitter), Zola Yeye, Qondakele Sompondo, Jaco Kirsten en Yoliswa Lumka.
Die suksesvolle kandidaat sal na verwagting volgende week bekend gemaak word.

LeandreAdmin@