Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, het gister gesê hy het géén wet oortree nie.

Dít met verwysing na ‘n beweerde R2,2-miljard se gekonkel by die Kusile-kragstasie in 2015.

Rosestad-nuus het voorheen berig Koko, sy vrou en sy stiefdogter is in Oktober 2022, onder meer op aanklagte van korrupsie, in hegtenis geneem.

Luidens News24 het die staat gister in die Middelburgse handelshof om uitstel gevra.

Daar is ten tyde van die ondersoek op miljoene dokumente beslag gelê, waarvoor ‘n verslag van ‘n forensiese ouditeur nou ingewag word.

Ses getuieverklarings vanuit Duitsland en die VSA is skynbaar ook nog uitstaande.

Die landdros het die saak vir twee weke uitgestel – veel korter as waarvoor die staat gevra het.

Koko het gesê hy is nie verbaas oor die oponthoud nie.

Hy meen dis onmoontlik vir die staat om voor te berei vir aanklagte wat volgens hom nie bestaan nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×