AfriForum sê Eskom se voorneme om die kraglading na 15 Vrystaatse dorpe te verminder of die kragtoevoer geheel en al af te sny, is nie net onbillik teenoor die inwoners nie, maar kom neer op moontlike menseregteskendings.
Rosestad-nuus het vroeër berig Eskom dreig met dié stap weens wanbetaling deur vier munisipaliteite.
AfriForum eis dat Eskom en die regering munisipale amptenare aanspreeklik hou vir die growwe wanbestuur van munisipale finansies, in plaas daarvan om betalende inwoners van hul basiese regte te ontneem.
SABC-nuus berig die ladingsvermindering sal van 17 April op inwoners van die Nala-, Moqhaka-, Masilonyana en Ngwathe-munisipaliteite toegepas word indien Eskom met die plan voortgaan.