Beide die Mangaung Metro Munisipaliteit en Vaal Sentraal Water werk tans aan Bloemfontein se watervoorsieningsuitdagings.

Die watersuiweringsproses is onder hewige druk weens die impak van die onlangse toename in reënval.

Areas wat water uit die Welbedacht Dam-stelsel ontvang, sal voortdurende toevoeronderbrekings ervaar.

Gedeeltes van die Brankop-reservoir sal  tydelik gesluit wees om waterverplasing te reguleer.

Areas wat moontlik, volgens ‘n kennisgewing van die munisipaliteit, geaffekteer kan word, sluit in Langenhovenpark, Spitskop, Reynecke-laan, en die N1 Engen vulstasie.

Die verklaring sê voorts alle waterrantsoeneringsprosesse behoort vroeg vanoggend voltooi te wees

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×