Een van die Voortrekkers Vrystaat se ankers, Marie Ludick van Harrismith, is oorlede.
Netwerk24 berig dat Marie, beter bekend as Tannie Marie, in 77-jarige ouderdom nie meer aktief betrokke by Die Voortrekkers was nie, maar medelye op hul Facebook-blad weerspieël dat funksies soos die Spele op Doornkloof sinoniem aan haar was.
Ludick was verantwoordelik vir tradisionele spele op kampe, terwyl haar poppekas glo baie kamp-aande opgehelder het.
Sy word onthou as iemand wat baie vir die kinders omgegee het, terwyl sy self altyd baie opgeruimd was.
Tannie Marie het glo vir jare lank met diabetes gesukkel, en dit is na aanleiding daarvan dat sy oorlede is.