Die Voortrekker monument sal November met ‘n orenaje kleurige lig opgehelder word , terwyl die Bela-optog, oranje as hul primêre kleur kies om Afrikaans se behoud in onderwys te bevorder.
Oranje simboliseer warmte, gasvryheid, en verwys ook na die Nederlandse wortels en die Oranje Vrystaat.
Afrikaans het egter nie net in Nederland ontstaan nie, maar het op Afrikagrond ontwikkel, beïnvloed deur talle kulture en die lewendige oranje sonsopkomste van die vasteland.
Hierdie kleur het diep in die bewussyn van Afrikaanse sprekers gevestig, en verskeie Afrikaanse organisasies het dit aangeneem.