Die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester en sy vriendin, dokter Nandipha Magudumana, is vandag terug in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Die verskyning behels die begin van die voorverhoor, wat met Bester se opspraakwekkende 2022-ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis verband hou. Hulle verskyn saam met sewe medebeskuldigdes, wat voormalige gevangenis-personeel, asook dokter Nandi se pa, Cornelius Sekeleni, insluit.

Wanneer hulle vandag in die beskuldigdebank sit, sal dit die eerste keer in vier maande wees, dat Bester en dokter Nandi mekaar sien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×