Vordering word gemaak in Bloemfontein waterprobleem nadat sand in die sisteem gekom het

Rosestad Nuus het inligting ontvang van DA-Raadslid en waterkenner, Rossouw Botes, dat daar vordering gemaak word in die waterprobleem in Bloemfontein.

 

In ‘n verklaring deur die Mangaung Metro Saterdag is die waterprobleme veroorsaak weens uitermatige vloeitempo by die Welbedacht Dam.

Die uitermatige vloeitempo het veroorsaak dat sand weens die omstuimige water in die sisteem beland het en die pompe onder druk geplaas het.

 

Volgens inligting word daar beplan om vanoggend die werk af te handel. Water sal dan na die Brandkop reservoir gepomp word. Volgens Botes, sal dit tyd neem om die pyplyn weer vol water te maak.

Luister na potgooie hieronder