Vrae bestaan oor die besteding van R709-miljoen in Bloemfontein

 Vrae bestaan oor die besteding van R709-miljoen in Bloemfontein

Vrae bestaan oor die R709-miljoen wat aan Bloemfontein se Geïntegreerde Vervoernetwerk bestee is, sonder dat daar, soos in Netwerk 24 gestel, ‘n bus in die stad te sien is.

Hans Britz, DA raadslid, asook ‘n voormalige hoof van finansies van die Mangaung-Metro, het verwys na die verslag vir die 2019/20 geldjaar wat die afgelope naweek voor die raad gedien het.

Luidens die verslag is die genoemde bedrag aan uitvoerbaarheidstudies, voorafbeplanning, asook die bou van ‘n busdepot
in Bloemfontein bestee.

Weinig vordering op die gebed is egter te sien.

Volgens Britz dui nie net hierdie probleem nie, maar ook aspekte soos onreëlmatige uitgawes, onbeheerbare waterverliese, en verkryging en bestuur van kontrakte daarop dat die metro tot by sy ore in ‘n geldelike verknorsing is.

LeandreAdmin@