Die sleutelrekening-bestuurder van Shell, Francois Oelofsen, het verbruikers gewaarsku om nie goedkoper diesel aan te koop nie. Oelofsen het aan Maroela Media gesê onbekende diesel produsente word daarvan verdink dat hulle 10% parafien met die diesel meng om hulle pryse met sowat 63 sent per liter te sny. Die nadeel van hierdie goedkoper produkte is dat trekkers, bakkies en motors nie gemaak is om op parafien-diesel te ry nie, maar met skoon diesel. Die besparing kan tot duur meganiese probleme lei vir verbruikers.