Vrae word geopper oor die duur busse wat Mangaung aangekoop het

Die Vrystaatse wetgewer het verlede week heelwat vrae gehad toe die Mangaung-metro aan hom verslag moes doen.

Netwerk 24 berig dat Vusi Tshabalala, hoofsweep van die wetgewer en voorsitter van die komitee oor provinsiale rekeninge,
wou weet waarom die tien busse, wat Mangaung teen R5,5-miljoen elk aangeskaf het, so duur is.

Antwoorde is ook gesoek oor die R709-miljoen wat tot dusver bestee is aan die busdiens se beplanning en werkbaarheidstudie, tydens die bespreking van die ouditeur-generaal se verslag vir die boekjaar 2019-20.

Armand Cloete, VF Plus-LPW, het opgemerk dat, teen R709-miljoen, die verslag seker op goud gedruk is.

Tshabalala gaan versoek dat sekere maatskappye, wat aangestel is vir die beplanning en werkbaarheidstudie, voor die komitee moet verskyn.

Luister na potgooie hieronder