Vragmotorbestuurders sê hulle staak, omdat die regering kwessies oor die aanstelling van buitelanders in die vragmotor- en logistieke bedryf, ignoreer.
FleetWatch Online Magazine berig die voorsitter van All Truck Drivers Forum en Allied South Africa, Mandla Mngomezulu, sê hulle is keelvol vir die regering se leë beloftes.
Lede is aangesê om van vandag af hulle vragmotors langs die land se paaie te parkeer, om vreedsaam op te tree, en om geen roetes te versper nie.