Vragmotors wat die Lebombo-grenspos gebruik om in en uit Mosambiek te ry, sal nou deur die polisie begelei word.
ENC News berig die adjunkkommissaris van die Grensbestuursowerheid, David Chilembe, sê dit is een van die streng maatreëls wat in plek is om vragte te beveilig. Die koste van ontwrigtings in handel en toerisme is reeds naby R1 miljard.
Tans beweeg vragmotors, klein voertuie en voetgangers glad deur die grens. Die vrede in Mosambiek sal Maandag afhang van die Grondwetlike Raad se besluit of daar ‘n hertelling van die betwiste stem-uitslae sal wees.