Vragmotorstakings lê padvervoer in die land sedert gister aan bande en volgens gerugte kan die versperrings van hoof- en ander roetes nog ‘n verdere vier dae duur. Die Volksblad berig vragmotors is Dinsdagoggend gebruik om die N3 tussen Warden en Villiers in die Vrystaat af te sper. Die pad, wat in albei rigtings versper was, is later weer oopgestel, maar intussen is ander paaie ook versper. Vragmotorbestuurders het ook gistermiddag die N12 en R34 buite Bloemhof toegemaak. Lede van die All Truck Drivers Forum and Allied South Africa, of die ATDF, het met protesaksie begin, terwyl ander betogings ook voorgekom het. Griewe sluit die aanstelling van buitelandse vragmotorbestuurders en hoë brandstofpryse in. Padversperrings en oproerigheid het ook elders in die land plaasgevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×