Vrese het opnuut ontstaan dat die rentekoers tog môre verhoog kan word nadat inflasie vir Oktober tot 5.9% opgeskiet het. Gedurende September was die inflasiekoers 5,4%. Netwerk 24 berig dit is veral kos-en drankpryse wat in Oktober met 8,7% op ‘n jaargrondslag geklim het wat tot hoër verbruikerprysinflasie gelei het. Volgens Statistiek Suid-Afrika is inflasie nou by die boonste perk van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank se teikenband van 3% tot 6%. Die monetêre beleidskomitee wat môre oor die veranderings aan die repokoers moet besluit, kan dalk onder druk wees om die rentekoers te verhoog. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×