Familietwis het moontlik daartoe aanleiding gegee dat ‘n vrou gister helderoordag in Hoofweg in Kimberley doodgeskiet is.
Volksblad berig die vrou het skietwonde aan haar kop en skouer opgedoen, en het in die hospitaal aan haar wonde beswyk.
Die tienermeisie wat saam met die oorledene was, het geen beserings ten tyde van die skietery opgedoen nie.
Die verdagte het die misdaadtoneel in ‘n silwerkleurige sedan verlaat. Sover bekend is daar nog niemand in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.