Vrou skuldig bevind aan verkragting van 13-jarige seun

‘n 25-jarige vrou van ‘n Bolandse dorp wat met ‘n 13-jarige seun in 2020 ‘n verhouding gehad het, is deur die hof skuldig bevind aan statutêre verkragting.

Netwerk24 berig dié vrou en die tienerseun, nou 14-jaar oud, het tussen 2 Januarie en April 2020 ‘n seksuele verhouding gehad, nadat hulle in Desember 2019 via WhatsApp begin gesels het.

Die vrou het glo in die hof erken dat die boodskappe tussen haar en die seun tot ‘n romantiese verhouding gelei het en sy hom gevra het om haar kêrel te word.

Luidens berigte het die seun ja gesê en hulle het in Desember ontmoet.

Sy is 5 jaar tronkstraf opgelê, maar is in sy geheel vir vyf jaar opgeskort op die voorwaarde dat sy in die vyf jaar nie aan ‘n soortgelyke misdaad skuldig bevind word nie.

Sy is verder 36 maande korrektiewe toesig opgelê en sal vir 36 maande onder huisarres wees.

‘n Baba is ook uit dié verhouding gebore.

Luister na potgooie hieronder