Vrou van Virginia tronkstraf opgelê vir poging tot moord

 Vrou van Virginia tronkstraf opgelê vir poging tot moord

‘n Vrou en ma van Virginia in die Vrystaat is tronkstraf van 14 jaar opgelê.

Dit volg nadat haar driejarige dogtertjie in 2019 met drie skedelfrakture, bloeding op die brein en ‘n gebreekte arm in die hospitaal opgeneem is.

Netwerk24 berig die vrou is Maandag ingevolge ‘n pleitooreenkoms in die rondgaande hof in Virginia gevonnis.

Regter Fouché Jordaan het die vrou tien jaar elk op twee aanklagte van ernstige aanranding en twee jaar vir kinderverwaarlosing gevonnis.

Jordaan het ook in sy beslissing beveel dat geen kinders weer in haar sorg mag wees nie.

Luidens berigte was van die dogtertjie se beserings so ernstig dat Mediclinic Welkom haar oorgeplaas
het na Mediclinic Bloemfontein waar sy ‘n noodoperasie moes ondergaan om haar lewe te red.

LeandreAdmin@