’n Reisagent van Wesselsbron is deur die Welkom-streekhof tot sewe jaar tronkstraf gevonnis, nadat haar eksman haar privaat vervolg het omdat sy hul ou huis in Welkom afgebrand het.
Die 46-jarige Retha Fourie is ook tot ‘n bykomende 36 maande korrektiewe toesig gevonnis.
Netwerk24 berig in haar pleitverduideliking vertel Fourie hoe sy en haar susterskind in die vroeë oggendure van Mei 2018 van Wesselsbron na die huis in Jan Cillierspark, gery het, en sy hom daar afgelaai het om die huis aan die brand te steek.