‘n 34-jarige vrou, Thandi Mohloadiba, het in die KwaMhlanga-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklagte van moord nadat haar lewensmaat vermoor is.

Die provinsiale polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli, het gesê Mohloadiba word daarvan beskuldig dat sy haar 31-jarige lewensmaat, Dan Mtsweni, met ‘n mes doodgesteek het.

IOL berig sy liggaam is later in ‘n veld in Tweefontein, Pretoria, gevind.

Volgens Mdhluli is Mtsweni op 27 November 2024 as vermis by die polisie aangemeld.

Polisiebeamptes het steekwonde en ‘n tou om die nek van die slagoffer opgemerk.

Na ’n ondersoek is Mohloadiba in hegtenis geneem.

Die saak is tot 18 Desember 2024 uitgestel vir ‘n borgtogaansoek.

Meer aanklagte kan volg namate die ondersoek vorder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×