Die vrou wat Jeffrey Epstein en Prins Andrew van seksuele misbruik beskuldig het, Virginia Giuffre, is op 41-jarige ouderdom dood nadat sy glo selfmoord gepleeg het.
BBC berig sy was een van die mees uitgesproke stemme teen sekshandel en het beweer dat sy as tiener onder meer deur Epstein verhandel en aan die Britse prins oorgegee is.
Terwyl die prins sy onskuld verdedig, het Epstein glo in 2019 sy eie lewe geneem in die tronk waar hy aangehou is.
Giuffre het ’n belangrike figuur in die Me Too-beweging geword en ander oorlewendes geïnspireer.
Haar familie sê die emosionele tol van jarelange trauma het ondraaglik geword.
Sy is Vrydag op haar plaas in Wes-Australië oorlede.
Die polisie ondersoek die dood, maar glo nie daar was sprake van misdaad nie.