Die 63-jarige huiswerker van die vermoorde Vrystaatse boere, Pieter Hills en sy seun Eddie, het Vrydag ‘n klag van aanranding by die polisie ingedien nadat ‘n video waarin sy deur ‘n man gemartel word, verlede week op sosiale media verskyn het. Rapport berig Antjie Bochedi is deur advokaat Vaughn Victor, ‘n likwidateur, na die moord in 2020 ondervra en woes rondgepluk. Victor is familie van die Hills wat op Hennenman boer. Rosestad Nuus het verlede week berig die polisie in die Vrystaat het gesê hulle sal geen steen onaangeraak laat om die slagoffer en die oortreder op te spoor nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×