‘n Vrou van die gegoede woonbuurt Loeriepark in George is deur haar man met ‘n panga doodgekap na ‘n rusie. Die paartjie was skaars 2 maande getroud. Die 33-jarige Rodney Witbooi het Vrydag in die landdroshof in George verskyn op aanklagte van moord. Netwerk24 berig Die voorval het Woensdag-oggend omstreeks 02:00 gebeur toe die 28-jarige Soneè Witbooi na ‘n argument vermoor is. Rodney Witbooi bly in aanhouding. Die saak is tot 12 Januarie uitgestel.
