Die Australiese polisie sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat die aanvaller wat Saterdag ses mense by ‘n besige winkelsentrum in Sydney doodgesteek het, vroue
geteiken het.

IOL berig vyf van die ses slagoffers is vroue, en die meerderheid van die 12 mense wat beseer is, is ook vroue. ‘n Negemaande oue baba wie se ma in die aanval dood is, is in ‘n bestendige toestand na ‘n operasie. Die aanvaller, die 40-jarige Joel Cauchi, is deur ‘n polisiebeampte doodgeskiet.

SABC-nuus berig verder Australiese owerhede het vroeër gesê dat die aanval moontlik met Cauchi se geestesgesondheidprobleme verband hou. Vlae in Australië hang intussen vandag halfstok en die Sydney-operahuis sal verlig word om hulde te bring aan die slagoffers van die aanval.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×