‘n Skuldberadingsmaatskappy sê vroue in Suid-Afrika verdien minder en het meer skuld as mans.

‘n Voldoeningsbeampte by die maatskappy, Dehan Scherman, sê baie vroue kry swaar weens die salarisgaping tussen mans en vroue, veral enkelma’s. SABC-nuus berig verder die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika toon ‘n gaping van 30 persent regoor alle sektore in die land.

Scherman sê vroue neem die las op hulle om skuld aan te gaan en lenings te gebruik om hul kleiner salarisse aan te vul. Hy sê al hoe meer vroue het verlede jaar aansoek gedoen vir skuldberading.

Hy sê slegs twee-komma-sewe persent van hulle het voertuigfinansiering gehad, en net nul-komma-agt persent ‘n huislening.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×