Twee vroue is in Moroka, Soweto, in hegtenis geneem ná hul beweerde leuen oor ’n fopontvoering.

Volgens Nuusflits sê lt. kol. Amanda van Wyk dat een van die vroue, ’n 23-jarige verdagte saam met ’n ander vroulike verdagte glo voorgegee het dat ’n ontvoering plaasgevind het en ’n losprys geëis is.

Die beweerde voorval het op 23 Januarie in Randburg gebeur, waarna die polisie ’n ondersoek geloods het.

Dit het na ’n huis in Moroka gelei, waar die beweerde ontvoerde vrou en haar beweerde ontvoerder gevind is. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die ontvoering ’n leuen was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×