Terwyl Suid-Afrika Vrydag vrouedag herdenk, het Koliswa Otala, die Noord-Kaapse polisiekommissaris, ‘n beroep op vroue gedoen om die stilte oor geslags-gebaseerde geweld (GBV) te verbreek.
Sy voeg by dat die sameleweing nee moet se, vir geweld teen die land se mees kwesbare groepe en dit moet aanmeld.
Intussen het Bloemfontein een van hul eie vroue wat vroeër die maand as finalis in vanjaar se Fabulous Women-toekennings aangewys was gevier. Jane Mphole was vir haar bydrae tot die gemeenskap en voorspraak teen GBV erken.
Sy het op Facebook gesê dat al het sy nie gewen nie, dit ‘n ongelooflike gevoel is om gewaardeer te word.