VROUE RUGBY – Die Vrystaat Vroue Rugbyspan het ook Saterdag in ’n dramatiese eindstryd van die 1ste Divisie die SWD Eagirls met 20 – 19 geklop.
Die tuisspan het halftyd met 4 punte agtergeloop. SWD is ook met 2 geelkaarte gestraf en moes die wedstryd met 13 spelers voltooi waarna dit die skaal in die Vrystaat se guns geswaai het en die tuisspan met die wendrie kon afrond.
Dis die Bloemfonteiners se 3de titel nadat hulle ook in 2015 en 2016 as die kampioenspan gekroon is.