Dis vroue wat die septer in die uitvoerende raad van die Vrystaat swaai. Maqueen Letsoha-Mathae, nuwe Vrystaatse premier, het vroue aangewys vir vyf uit nege portefeuljes in provinsiale wetgewer. Letsoha-Mathae sê, as gelyke vennote in gemeenskapsontwikkeling, is die rol van vroue van onskatbare waarde.
Zanele Sifuba, wat as speaker ingehuldig is, hanteer ook sport, kuns, kultuur en ontspanningsake. Doktor Julia Maboya sal dien as LUR vir onderwysaangeleenthede, terwyl Elzabé Rockman die leisels neem as LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake. Moses Makume, sal omsien na die ekonomie en toerisme, met Kathleen Mance wat LUR vir openbare werke en infrastruktuur bly.
Die ander lede van die raad is:
● Monyatso Mahlatsi – gesondheid
● Saki Mokoena – Cogta, en
● Mathabo Leeto – maatskaplike ontwikkeling