Twee vroue van Brackenfell in Kaapstad is deur die polisie wat spesialiseer in kommersiële misdrywe in hegtenis geneem nadat vervalste Springboktruie en ander goedere in hulle besit gevind is. Die truie is by ‘n pakhuis in Brackenfell gemaak. Kapt Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder het volgens Netwerk 24 gesê die polisie het beslag gelê op 67 handelsmerk- en 50 ongemerkte Springboktruie asook 513 mouboordjies en krae asook sewe werkstasies. Die vroue is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van die besit van vervalste goedere. Die twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 47-jaar oud sal die week in die hof verskyn.