Vrydag sal die Vrystaat-Cheetahs die Bulle in Bloemfontein pak in die volgende Unlocked toets

 Vrydag sal die Vrystaat-Cheetahs die Bulle in Bloemfontein pak in die volgende Unlocked toets

Vrydag sal die Vrystaat-Cheetahs die Bulle in Bloemfontein pak in die volgende toets van die Superrugby Unlocked-reeks.

Netwerk24 berig dat die Cheetahs wil voortbou op die goeie vertoning teen die Pumas.

Cheetah-vleuel Rosko Specman, is vroeër vanjaar, met Jake White se bewindsoorname by die Bulle, die deur gewys, waarna hy hom by die Cheetahs aangesluit het.

Volgens Specman is hy net dankbaar dat hy nog kan rugby speel en het hy niks om te bewys teenoor sy ou span nie.

Specman sê hy wil altyd sorg vir ‘n bietjie “magic” op die veld en sal hy poog om nog beter te speel teen die Bulle.

LeandreAdmin@