President Cyril Ramaphosa sal Vrydag die hoofrede by die Nasionale Dialoog oor Koalisie-regerings by die Universiteit van Wes-Kaapland lewer.
Dié tweedaagse dialoog het ten doel om die grondslag te lê vir ‘n nasionale raamwerk vir koalisieregerings.
Die raamwerk sal dien as ‘n gids vir die doeltreffende bestuur en navigasie van koalisieregerings waar dit nodig word.
Die presidensie se woordvoerder, Michael Currin, sê die adjunkpresident en leier van regeringsake, Paul Mashatile, bied die dialoog aan om sektore bymekaar te bring om te werk aan effektiewe bestuur.