Vrye en regverdige verkiesings is broodnodig om ‘n gesonde demokrasie in die land te bevorder.

Mosotho Moepya is nou as die nuwe voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangewys.

Dit nadat hierdie pos vir ses maande vakant was.

Die DA wil hê Moepya moet verseker dat die kommissie se werksaamhede onder sy leierskap glad verloop.

Die DA se Angel Khanyile het gesê hy sal die kommissie aanspreeklik hou om by sy missie te hou, naamlik om ‘n onafhanklike liggaam te wees wat vrye en regverdige verkiesings in die land verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×