Die regering van Suid-Afrika en die ANC het met sy kritiek op Israel se militêre optrede teen Hamas omonwonde sy steun toegesê aan die aanval op Israel en die moord op burgerlikes wat selfs babas insluit. Die VF Plus LP se woordvoerder vir internasionale betrekkinge, Dr Corné Mulder, het in ‘n verklaring gesê die party vind dit uiters betreurenswaardig dat president Cyril Ramaphosa nie ook bereid was om die Hamas-aanval op Israel as volksmoord te bestempel nie. Suid-Afrika het deur die president se steun aan Hamas en Palestina sy rug duidelik gedraai op Westerse waardes en sy steun toegesê aan lande en organisasies wat terreur aanhang as maatstaf en metode om te regeer, het Mulder gesê.