Vryheidsfront Plus vra dat boere ook self paraat moet wees

Na drie plaasaanvalle en ‘n plaasmoord buite Amersfoort die afgelope paar dae, het die VF Plus ‘n beroep op landelike gemeenskappe gedoen om paraat te wees en hulle by die plaaslike veiligheidstrukture aan te sluit.

Die VF Plus het ook aan Netwerk 24 genoem dat polisie meer moet doen om landelike gemeenskappe te beveilig.

Hulle landelike veiligheidsplan beteken niks as dit nie uitgevoer word nie.

Die VF Plus is ook gereeld in kontak met Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, om te versoek dat meer gedoen moet word om veiligheid te verseker vir die landelike gebiede.

Misdaadstatistieke toon dat plaasaanvalle in die laaste kwartaal van die boekjaar verdubbel het.

Luister na potgooie hieronder