Die Vryheidsfront Plus LPW, Armand Cloete, sê die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet voorsorg begin tref vir watertekorte na die aankondiging dat die Lesotho Hoogland-waterprojek in Oktober gaan sluit vir herstelwerk.

Cloete sê in ‘n verklaring dit is veral talle Oos-Vrystaatse dorpe wat hierdeur geraak kan word. Herstelwerk aan dié projek sal watertoevoer na dorpe in Dihlabeng-,Mafube- en die Nketoana munisipaliteite in die provinsie raak. Die Nketoana munisipaliteit wat dorpe soos Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz insluit, het inwoners reeds in kennis gestel dat waterbeperkings kan volg as die Hoogland-projek tydelik sluit.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×