Weens onderbesteding, moes die Vrystaat binne die bestek van tien jaar, meer as R1,3 miljard aan die nasionale tesourie teruggee.
Lid van die provinsiale wetgewer vir die VF Plus, Armand Cloete, sê die Vrystaatse regering kon minstens 6 600 wooneenhede, 65 staatskole of 13 nuwe staatshospitale met hierdie geld bou. R737 miljoen van die geld is in die afgelope vier jaar verbeur – tydens die premierskaptermyne van Sisi Ntombela en Mxolisi Dukwana.
Cloete sê die ANC kon die afgelope dekade hoegenaamd nie daarin slaag om die provinsie se begroting tot voordeel van sy inwoners aan te wend nie.