Boere van Winburg in die Vrystaat is woedend nadat hulle op die oorskot van vyf van hul beeste, wat glo deur veediewe wreed doodgemaak en geslag is, af gekom het.
Netwerk24 sê hulle is in besit van ‘n erg onstellende video wat wys hoe een van die beeste ly.
Behalwe vir die emosionele nagevolge, lei die boere ook ‘n enorme finansiële verlies. Volgens een van die boere het die waarde ongeveer R10 000 per bees beloop.
Die boer voeg by dit is nie die eerste keer dat vermeende veediewe in die betrokke gebiede toeslaan nie; daar is glo verlede jaar vier van sy beeste geslag.
Polisiewoordvoerder Martin Xuma doen ‘n beroep op boere om die plaaslike polisie onmiddellik van veediefstal-voorvalle te verwittig.