Die huidige hittegolf-toestande tesame met hoër fases van beurtkrag plaas geweldige druk op veral mielie- en sojaboon oeste op droë land sowel lande onder besproeiing in verskeie dele van die Vrystaat.
Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê ‘n sameloop van omstandighede veroorsaak groot angs in die landbougemeeskap wat betref die ontwikkeling van die streek se graangewasse. ‘n Bestuurderslid van Vrystaat Landbou en ‘n besproeiingsboer, Kempen Nel, het bygevoeg dat mielie aanplantings in die Oranje-Riet Watergebruikersvereniging-gebied in ‘n kritieke saadskiet stadium is.
Nel sê langduringe fase-ses beurtkrag verhinder besproeiingsboere om genoeg water aan te lê vir die groei behoeftes vir mielies. Wilken sê boere en plattelandse gemeenskapppe loop onder baie langer ure van beurtkrag deur as wat in stede ervaar word.