Sommige van die vewoenstende brande wat onlangs in die Vrystaat gesmeul het, kon volgens verskeie boere vermy gewees het. Maroela Media berig dat die brande duisende hektare verwoes het.
Volgens die AFIS-kaart van brandvoorvalle, wys dit duidelik dat die meeste brande langs nasionale paaie voorkom. Dit kan toegeskryf word aan onverantwoordelike bestuurders wat sigaretstompies by hul motor se venters uitooi, padwerkers en pendelaars wat vure maak en selfs ou Eskom-kraglyne wat nie behoorlik werk nie.
Vrystaat Landbou het ‘n beroep op motoriste gedoen om nie hul rommel, veral glas wat ‘n vergrootglaseffek kan he, by hul vensters uit te gooi nie. Hulle vra verder dat owerhede die lang grasse en bosse, wat ‘n brandgevaar is, langs die pad hanteer.